
Ntokozo & Sibaka Game Lodge bied aan:
Ons 2009 Perde Boere Sport
Dag was net so belowind soos ons gehoop het. Daar was 'n hele
paar nuwe gesigte wat kom deelneem het en die dag 'n sukses gemaak
het. Daar was een ruiter wat so baie van die ‘om die plaas’ item
gehou het dat hy sommer twee keer om die plaas gehardloop het.
Ons hoop almal oefen al hard en het
hulle bootse en hoede begin af stof want vir die jaar
‘2010’ se Perde Boere Sport Dag beplan ons groot dinge.
Dit gaan op die 31ste Desember
wees en ons hou ook 'n Oujaars-aand dans na die tyd.
Sleep julle perde nader - bring die
hele familie en kom geniet die Oujaars dag en aand saam met ons want
die jaar gaan ons groot party hou.
Vir verdere besonderhede oor
bespreekings en kostes bel of email ons gerus.